Exact matches only
Search in title
Search in content
Search in posts
Search in pages
Filter by Categories
Uncategorised


LETTER FROM THE OWNER

letter from the CEOWelkom by Incanda meubels. Jy sal agterkom, hier by Incanda doen ons dinge anders. Ons probeer dit vir ons kliënte en onsself lekker maak om besigheid te doen. Ons glo hardkoppig in ons eenvoudige resep van uitstekende kwaliteit, billike pryse en briljante naverkoopdiens

Kwaliteit: By Incanda gebruik ons net die beste roumateriale – of dit nou op ons leerbanke of houtmeubels is. By ons leerbanke is ons planke dikker en breër as die standaard spesifikasie en ons sit dit met skroewe en gom aanmekaar in plaas van met kramme. Ons gebruik die beste moontlike kwaliteit spons wat beskikbaar is op die mark en heel belangrikste, ons gebruik net die top seleksie natuurlike volgrein analienleer. As jy by Incanda ‘n leerbank koop kan jy verseker wees jy gaan jare en jare se uitstekende diens uit jou kopie kry. Dieselfde is waar vir ons swarthoutmeubelreeks. Ons meeste ontwerpe gebruik 50mm dik planke – iets wat jy by min ander plekke gaan kry. Ons hou ons konstruksie eenvoudig maar stewig om sodoende ‘n topkwaliteit produk te verseker wat jare sal hou.

Prysbeleid: Anton Rupert het gesê, die doel van besigheid is om die publiek te dien teen ‘n billike wins. Ek stem heelhartig hiermee saam. Incanda streef billike winsgrense na en kliënte kry dus te alle tyde goeie waarde vir geld.

Kliëntediens: Ek glo beslis aan goeie “voorverkoop” diens, maar selfs nog meer aan “naverkoop” diens. Dit is een ding om ‘n kliënt te oortuig om jou produk te koop, dit is iets anders om ‘n kliënt wat na die tyd ‘n probleem ontwikkel so te help dat hy jou nog steeds sal aanbeveel. Ek wil dit nog sterker stel, ek streef daarna dat elke kliënt so tevrede moet wees dat hy sy familie, vriende en werkskollegas van Incanda sal vertel – ons kan dus nie anders as om die beste moontlike naverkoopdiens te gee nie.

Hierdie kombinasie van kwaliteit, billike pryse en goeie kliëntediens sal altyd Incanda se wenresep bly. Stel ons gerus op die proef en kontak my gerus op 082 801 6172 as ons nie aan jou verwagtinge voldoen nie.

gerhard

SITE NAVIGATION
 
HOME
ABOUT INCANDA
CATALOGUE & PRICE LIST
INTERIOR & DESIGN
GALLERY
CONTACT US
PRODUCTS
 
BEDS & HEADBOARDS
BOOKSHELVES, DESKS & DRESSERS
CHAIRS
COFFEE & SIDE TABLES
CORNER UNITS
COUCHES
DINING TABLES & SEATING
OTTOMANS
SERVERS, PLASMAS & WINE RACKS
FOLLOW US
 
           

CONTACT US
 
PAARL: 39 Main Road, Paarl, Western Cape, South Africa
Phone: +27 (0) 21 863 1965/12 or 087 802 1131
Email:

DURBANVILLE: 19B Bella Rosa Street, Durbanville
Phone: +27 (0) 21 914 5832 or 087 150 7096
Email:

SOMERSET WEST: Nobel Park 11, c/o Nobel & Ardeer Street, The interchange, Somerset West
Phone: +27 (0) 21 852 0900 or 087 809 0743
Email:

MENLYN MAINE: Menlyn Maine Central Square, Shop 303(A), c/o Aramist and Corobay Roads, Waterkloof Glen Ext 2, Pretoria, 0181
VOX: 087 150 7095
Email: